SMS
2008-04-10
Awesome pics of the fire, thanks to mesdames Bosman, Beyers & Enslin. M vd M. * Ek’s trots om die Paarl Post so propvol opwindende nuus te sien. Ek mis die P/Post want ons woon die afgelope tien jaar in Strand en kry dit net te sien deur my seun wat daar werk. Oud-Paarliet George Williams * Is daar dalk ’n gym in die Paarl wat nie meer as R150pm vra nie? Adverteer asb! * Inwoners van Bainstraat, Wellington, wonder hoe groot moet die gat in die historiese ou straat word voordat dit aandag kry. Gwen van Wyk. * Langenhovenlaan in die Paarl het ’n nuwe naam: Jagenhovenlaan. ’n Spoedkamera is nodig.
More
News
|