Dankie
Vir jou hartjie
Wat die uitnemendheid van die liefde
geken het
Dankie
Vir jou oë
wat net blydskap
verstaan het
Dankie
Vir jou handjies
Wat elke liefdes-gawe in dankbaarheid ontvang het
Dankie
Vir jou droompies
Waar engeltjies
baljaar het
Dankie
Vir die liedjies en
rympies
Wat jy so mooi geken het
Dankie
Dat jy nooit sal weet
Wat agterna
Met jou gebeur het.
AMEN.
(gedig deur Russel du Plessis oor die dood van Cameron Chordnum)