Pret by Meulstraat
2005-06-29
DIE Meulstraat Biblioteek bied van Maandag tot Vrydag 8 Julie ’n vakansieprogram vir die jeug aan.
Programme is deurgaans van 09:30 tot 10:30. Alles is gratis, behalwe die poppekas.
Maandag word daar geknip en geplak. Bring ’n skêr en droë blare. Dinsdag en Donderdag het die jongspan net ’n skêr nodig. Daar word ook geknip en geplak.
Woensdag is daar ’n poppekas in die banketsaal van die Paarl stadsaal. Kaartjies is vooraf beskikbaar by die biblioteek (R4,50) of Woensdag by die deur (R5). Groepe van tien of meer betaal R4 elk.
More
News
|