Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie gaan pa staan?

Wie gaan pa staan?
 
2008-04-10


DIE plaaslike owerheid het ’n begrotingsprobleem, maar dit is skokkend hoe hulle nalatigheid kan bydra tot verminking en moontlike lewensverlies!

Onlangs het ons gelees van ’n Paarliet wat verongeluk het nadat sy voertuig ’n slaggat in die Paarl getref het.

Die stormwaterdeksels op die foto is reeds meer as twee maan­de in dié toestand (foto links), maar die Munisipaliteit het dit tot datum nog nie herstel nie.

Die rooi en wit bande in die afvoersloot getuig daarvan dat die Munisipaliteit sekerlik hiervan moet kennis dra.

Moet voetgangers nou eers hulle enkels of bene breek en die owerheid daarvoor dagvaar voor hulle dit gaan herstel? Die koste om die probleem te herstel is veel minder as wat die eise gaan beloop as iemand hier seerkry.

As ’n belastingbetaler en inwoner van die buurt versoek ek die Munisipaliteit om dringend aandag te gee aan die probleem op die hoek van Ottawa- en Louiestraat.

Belastingbetaler




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za