Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aanstelling van munisipale direkteure pla

Aanstelling van munisipale direkteure pla
 
2008-04-10


DIE VF Plus as politieke party is op rekord dat hy totaal gekant is teen die Regering van die dag se regstellende aksie beleid en die kwotastelsel. Daardeur weerspreek die ANC sy eie beleid van ’n nie-rassige samelewing.

Die ergste vorm van hierdie rassisme en die verdraaiing van woorde kom voor in die advertensie van die Direkteursposte van Drakenstein Munisipaliteit. Trans­formasie en gelyke geleenthede – wat beteken hierdie woorde?

Die toevoeging van hierdie woorde tot die advertensie het meegebring dat wit mense oorwegend nie gereageer het nie. Hulle het darem teen hierdie tyd geleer dat gelyke geleenthede in ANC taal nie gelyke geleenthede beteken nie. Dus moes die aanbevelings kom uit ’n poel wat as die tweede beste beskou moet word.

Met dit as agtergrond, maak dit dan ook nie regtig saak wie aangestel word nie. Buitengewone prestasie sal nie bereik word nie.

Nogtans staan die aanbeveling van die Direkteur van Finansiële dienste uit in die moeras. Tussen al die aansoeke van grade en diplomas met jare toepaslike diens, word Cavin Petersen (waarnemende hoof) met sy sertifikaat as die beste kandidaat voorgehou.

Die Paarl Post het pas ’n Geoktrooieerde Rekenmeester aangestel om sy belange te bedryf. Waar los dit Drakenstein Munisipaliteit?

Die Munisipale Bestuurder maak aanspraak dat die proses deursigtig was. Die VF Plus distansieer hom van so ’n stelling.

Dit sou slegs deursigtig gewees het indien die opposisiepartye ook op die paneel teenwoordig was en die onderhoude nie in die geheim gehou was nie.

Gevolglik ondersteun die VF Plus nie die verslag van die Munisipale Bestuurder nie, weens die rassebeleid van die ANC en die Regering van die dag.

Ronald Brand (Raadslid: Vryheidsfront Plus)

Drakenstein Munisipaliteit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za