Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brandeise word bekyk

Brandeise word bekyk
 
2008-04-17


EISE vir skade met die gekontroleerde brand wat twee weke gelede buite beheer deur duisende hektaar fynbos na plase aan die noordwestekant van Paarlberg gespring het, is deur die Drakenstein Munisipaliteit ontvang.

“Daar was baie skade en daar moes ekstra brandbane gemaak word om die vuur te keer,” het Anthony Sauls, munisipale woord- voerder, op navraag gesę.

“Die eise word na die Raad se versekeraars verwys vir verdere hantering.”

Op navraag oor die tydsberekening van die brand, was die antwoord: “Hierdie beplande brand het beslis nie op die verkeerde tyd plaasgevind nie.

“Jaarliks vind die beplande brande so na as moontlik aan die eerste reëns plaas. Sodoende is die plante nog droog en kan ’n deeglike warm brand plaasvind.

“Daar is die betrokke oggend nog weer met die weerkantoor geskakel om finaal die weerstoestande vir die dag vas te stel.

“Die besluit was eenparig tussen die partye betrokke dat die toestande geskik is om te brand. Die windvoorspelling vir die dag was ’n ligte wind.”

Sauls het beklemtoon “om die mees effektiewe resultate te kry, moet die toestande warm wees en die plante so droog moontlik.”

“Tans is die brandprogram vir Paarlberg gebaseer op tussenposes wat wissel tussen agt en 15 jaar. Die program is in samewerking met Paarlberg Adviesraad opgestel.

“Hierdie blok wat beplan was om te brand, was 13 jaar oud. Die veld waarin die brand versprei het, was nog ouer.

“Die digte, hoë plantegroei maak brandbestryding en beheer baie moeilik. Die program sal met die volgende Adviesraadvergadering indringend bespreek word om te bepaal of die frekwensie van beheerde bran- de nie verminder kan word nie.”

* Claims for damage sustained during the controlled burn on Paarl Mountain, are being forwarded to municipal insurance brokers.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za