Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards klop Blues

Standards klop Blues
 
2008-04-17


YOUNG STANDARDS het Saterdag voortgebou op sy goeie begin vir die seisoen toe die klub met 37-23 afgereken het met Laer Paarl.

Standards sowel as Blues se eerste spanne het gesorg vir ’n wedstryd wat gekenmerk was deur goeie, skoon, hardlooprugby.

Standards het daarin geslaag om ’n bonuspunt aan te teken deur 4 drieë te druk, met Enrico Davey wat die praatwerk met sy skopskoen laat doen het (4 doelskoppe en ’n strafdoel). Voorlangs was dit die twee ystermanne, Clinton Triaziers en Heugh Arendse, wat uitgeblink het vir Standards deur telkens die bal ver oor die voordeellyn te neem.

Blues het egter Standards se verdediging agterlangs ’n paar keer aan die slaap gevang en self 3 pragdrieë gedruk.

Standards se drieë is gedruk deur Triaziers, Davey, Henley Goliath en Lee Scholtz.

Standards se tweede span het hul kragmeting met 25-5 gewen, terwyl die derdes met 43-0 geseëvier het.

Eerskomende Saterdag speel Standards teen Violets op Daljosafat (Juniors begin 10:00).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za