Rangers wen naelskraaps
2008-04-17
SATERDAG het Paarl Rangers ’n baie goeie, hoewel naelskraapse, oorwinning van 19-18 oor Hamediehs op Vygieskraal behaal. Goeie samespel tussen voor- en agterspelers en rotsvaste verdediging het op die ou einde die deurslag gegee. Puntemakers vir Rangers was Norman Kermis (2 drieë), Raeez (Remmie) Newman (1 drie), en Eugene Collins (2 doelskoppe). Newman is ook na afloop van die wedstryd as die speler van die wedstryd aangewys. Eerskomende Saterdag speel Rangers teen Raithby op Daljosafat. Na die wedstryd sal daar hoender- en slaai verkope wees teen R30 per bord.
More
News
|