Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons klop Verenigde Ceres

Newtons klop Verenigde Ceres
 
2008-04-17


NEWTONS se klubleuse is nie verniet Silentia et Labor, of in Afrikaans, Stil en Doen, nie.

Die span het op sy tuisveld met ’n grootse spanpoging die sterk span van Verenigde Ceres met 24-7 stil gespeel.

Die oorwinning hou Newtons op koers om sy doelwit van ’n onoorwonne rekord oorwinnings te behaal.

Die besoekers verdien lof vir hul verdediging wat daartoe gelei het dat Newtons nie ’n bonuspunt aan drieë kon behaal nie.

Ondanks ’n spanpoging, moet die naam van die flank, Hyco Jacobs, en die heelagter, Irvin Williams (heelagter), uitgesonder word vir hul uitstaande spel.

Die rustydtelling was 10-0 nadat die agtsteman, Delwaine Barron, oorgebars het vanaf ’n vyftree-skrum. Williams het die drie verdoel en kort daarna ’n strafdoel oorgeklits.

Na rustyd het Newtons nog twee drieë behaal wat albei verdoel is.

Hierna het die tuisspan hard geswoeg om ’n vierde drie te druk om ’n bonuspunt te bekom, maar swak afronding het dit verhinder.

Ander uitblinkers vir Newtons was die haker, Roderick Loverlott, die vleuel, Devon van Wyk, en die stut, Christopher Petersen.

Vir Newtons het Van Wyk, Barron en Alshaun Bock drieë gedruk. Williams het drie doelskoppe en ’n strafskop aangeteken.

Eerskomende Saterdag speel Newtons tuis teen Touwpark van Touwsrivier.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za