Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub terug op wenpad

Paarl Rugbyklub terug op wenpad
 
2008-04-17


PAARL RUGBYKLUB het Vrydagaand op Faurestraat-stadion gewys dat hulle reg is vir die seisoen in die WP Premierliga deur Brackenfell, wat verlede jaar nog in die Super Liga gespeel het, met 42-24 te klop.

Die wedstryd was gekenmerk deur goeie skrumwerk deur die tuisspan, wat telkens die besoekers op die agtervoet gehad het.

Na twee strafskoppe het Paarl gou met 6-0 voorgeloop, maar die tuisspan se verdediging het hulle kort daarna in die steek gelaat toe die besoekers ’n drie sowel as ’n strafdoel behaal het.

In die 24ste minuut het die besoekers teen die verloop van die spel ’n onderskep-drie gaan druk, en die drie verdoel, om die telling op 17-6 in hul guns te bring.

Die wedstryd het daarna wipplank begin ry toe Paarl in die 30ste minuut ’n strafdoel aangeteken het, waarop Brackenfell geantwoord het deur self vier minute daarna ’n strafdoel aan te teken. Die tuisspan het egter stelselmatig die botoon voorlangs begin voer wat ’n doel kort voor rustyd meegebring het. Die rustydtelling was 25-24 in Paarl se guns.

In die tweede helfte het Paarl beheer voorlangs geneem en telkens die voordeellyn gebreek, wat goeie tweede- en derdefase balle aan die agterlyn besorg het.

Paarl het in die tweede helfte 17 onbeantwoorde punte aangeteken deur drie drieë te druk waarvan een verdoel is om die wedstryd met 42-24 in die tuisspan se guns te beklink.

Uitblinkers aan Paarl se kant was die agtsteman, Lionel Hugo, wat baie veld met sy skitter-dryfwerk gewen het. Hy is ook met twee drieë beloon en as die speler van die wedstryd aangewys.

Ander uitblinkers onder die voorspelers was die slot, Nico Pretorius, en die stut, Nelius van Tonder.

Agterlangs het die skrumskakel Ryno van Wyk en die vleuel Alwyn Hugo uitgeblink.

Punte vir die Paarl is aangeteken deur Lionel Hugo (2 drieë), Marko Martin, Terence Valentine, Alwyn Hugo en Ryno van Wyk.

Clive Samuels was in die kol met 2 doelskoppe en 2 strafdoele.

In ander wedstryde het Paarl se tweede span met 15-7 geseëvier teen Brackenfell se tweedes, terwyl Paarl III met 12-11 gewen het teen Brackenfell III.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za