Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret en praat by Monumentdag

Pret en praat by Monumentdag
 
2008-04-17


HOPE pret, kompetisies, pryse en interessante vertellings wag vir die hele gesin op Internasionale Monumentdag, môre by die Taalmonument in die Paarl.

Besoekers sal ’n kulturele en omgewingstoer kan onderneem wat kort praatjies insluit oor die oorsprong van Afrikaans, idiome-kompetisies vir beide kinders en volwassenes en ’n skattejag wat op die omgewing fokus.

Op die spel is ’n Monumentmedalje van 1975, geskenkbewyse en ander pryse. Daar sal ook ’n spesiale verrassing vir plaaslike besoekers wees.

Altesame 120 graad sewe leerders van Dalweide Primêr in die Paarl sal die monument op die dag besoek, wat moontlik gemaak word deur die monument se Borg-’n-bus projek.

Die program begin om 09:00 en duur tot 16:00. Vir navrae, skakel 021-872-3441.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za