SANLAM en die Departement van Landbou se sewende Plaaswerker van die Jaar-kompetisie skop vanjaar weer af.
Die kompetisie gee nie net erkenning aan die plaaswerkers nie, maar speel ook ’n belangrike opheffingsrol.
Enige persoon wat op die plaas werk en ’n bydrae lewer tot die boerdery, hetsy bestuur of arbeiders, kan aan die kompetisie deelneem. Die werkgewer, die bestuur, plaaskomitee of medewerknemers kan persone vir die kompetisie nomineer.
Die kategorieë waarin deelnemers kan meeding, is Algemene Werker, Trekkerdrywer, Administratiewe Personeel, Tegniese Operateur, Besproeiingspesialis, Junior Bestuur, Middelbestuur en Senior Bestuur.
Die uitdunne behels onder meer ’n onderhoud met elkeen van die plaaswerkers deur ’n paneel van kundige beoordelaars.
Buiten vakgebiedverwante vrae, is die onderwerpe wat gedek word onder meer transformasie, finansiële bestuur, produktiwiteit, misdaad, toekomsplanne en die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Uit die kategoriewenners word ’n algehele wenner per streek aangewys wat die geleentheid kry om aan die provinsiale kompetisie deel te neem. Boere en plaaswerkers kan Hendrik Botha by 082-783-9149 kontak vir meer besonderhede