Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geletterdheid 'n groot gawe

Geletterdheid 'n groot gawe
 
2005-06-30


ONDANKS die snelle vooruitgang wat ons rondom ons sien, is daar steeds vele wat nie die opwinding meemaak nie. Soos mense wat dit ontbreek wat andere as vanselfsprekend aanvaar - ’n basiese geletterdheid.

Deel van Language Skills in die Paarl se programme sluit in Abet, die basiese geletterdheidsprogram vir volwassenes, wat in vennootskap met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (Obos) aangebied word.

Abet word oor vier vlakke aangebied en leerders kan hul matriek op die manier, dikwels deur aandklasse, verwerf.

Die geletterdheidsproses is langsaam en slegs dié wat doelgerig en realisties is oor hul vordering, behaal sukses.

Almal kan ons help om dié leemte in die gemeenskap aan te spreek deur die sentrum in kontak te bring met diegene wat die kursus moet deurloop.

Hulle is ook op soek na borgskappe en vennootskappe vanuit die sakegemeenskap vir hul gemeenskapsprogramme.

Mense kan hulle by Rock Sentrum, Bergrivier Boulevard 27, kontak tydens kantoorure. Of skakel 872-7935; 084-621-4229; langskillsinfo@ananzi.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za