EK wil graag reageer op die skrywe van ontstelde eiensdomsbelastingbetaler oor die gekwalifiseerde oudit-verslag van die Ouditeur-generaal.
Drakenstein Munisipaliteit het drie gekwalifiseerde opinies verkry.
* Voorsiening vir slegte skulde ten opsigte van langtermyndebiteure is gedoen maar dit is hoofsaaklik ’n stelselsgebrek waarvoor die huidige diensverskaffer se stelsels nie voorsiening maak nie, en die syfer kon nie geverifieer word nie. Ons is in die proses om dit aan te spreek.
* ’n Korreksie was ook aangebring vir meer inkomste geïn as wat gereflekteer is. Dit is te wyte aan die dataskoonmaakproses.
* Eiendom waarvoor daar nie ’n titelakte verkry kon word nie was te wyte aan die feit dat drie aparte titelaktes bestaan vir die spesifieke eiendom wat in die naam van Drakenstein Munisipaliteitgeregistreer is. Die eiendom is gekonsolideer en die proses is aan die gang om die gekonsolideerde eiendom te registreer.
Anthony Sauls (Munisipale Woordvoerder