Skrywers by die museum
2008-04-17
DIE internasionaal- bekroonde spanningsverhaalskrywer Deon Meyer, en die debuutskrywer Quintus van der Merwe, gesels Dinsdag om 19:00 by die Taalmuseum in die Paarl ter viering van Węreldboekedag. Etienne Bloemhof van NB-Uitgewers sal die program lei. Quintus van der Merwe is ’n oud-diplomaat wat verlede jaar gedebuteer het met ’n ontspanningsroman, Die blou van onse hemel. Kaartjies teen R60 (buffet-ete en wyn ingesluit) is beskikbaar by 021872-3441, en moet bespreek word teen more. Boeke geskryf deur die skrywers sal die aand te koop wees.
More
News
|