Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swaarkry kaalvoet weggesing

Swaarkry kaalvoet weggesing
 
2008-04-17


TWEE sangers, Marinha en Christo Snyman, tree vanaand om 20:00 op by die Ou Meul-teater.

’n Nuwe ster het ontluik en Afrikaanse musiekliefhebbers sal juig oor dié fonds! Ja, buiten dat Marinha ’n treffende stem het, is sy boonop ’n briljante liedjieskrywer.

Marinha se debuutalbum is in Junie 2005 bekend gestel en sedertdien speel RSG weekliks van haar liedjies. Sy sing deesdae voltyds en is vinnig besig om die suksesleer te klim.

Kaalvoet deur my drome is tans Christo se tweede album wat Ek En Jy opvolg. In 2002 raak hy betrokke by ’n organisasie wat Eleos genoem word en hy raak so verdiep in die daaglikse swaarkry van mense dat hy vir hulle ’n eie liedjie skryf en daarmee fondse begin insamel om ’n bydrae te maak om dié te help wat dit regtig nodig het.

Kaartjies is R60. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za