Gim netbal beleef onoorwonne naweek
2008-04-24
GIM se o.19A netbalspan het die naweek in twee groot toernooie deelgeneem en uitstekend gevaar om agt uit agt wedstryde te wen. Vrydag het hulle deelgeneem aan die Sentraal-Boland toernooi by La Rochelle en maklik klaargespeel met al hul opponente. Eers het die Gimmies lag-lag 16-2 met die gasheerskool, La Rochelle, afgereken, waarna hulle ook vir Hugenote (11-6), HMS (15-4) en Paarlvallei (14-8) ore aangesit het. Met hul puik vertonings tydens die toernooi is Gim dus as die Sentraal-Boland kampioene gekroon. Saterdag het Gim by ander spanne gaan spook by die Bellville Sportdag. Die toernooi is in gietende reën gespeel met Gim wat eers glorie teen Stellenberg geproe het (6-2), gevolg deur ’n kragmeting teen verlede jaar se Wes-Kaap wenners, Brackenfell, vir wie hulle 14-7 afgestof het. In die Paarliete se oorblywende twee wedstryde het hulle afgereken met De Kuilen (10-6) en Caledon (15-2).
More
News
|