Luan ryg medaljes in
2008-04-24
DIE belowende, jong sportman van Hugenote Laerskool, Luan van der Vyver, het ’n besonderse prestasie behaal deur aan drie SA Kampioenskappe in een maand deel te neem. Wat die prestasie egter meer besonders maak, is die feit dat die 11-jarige Luan boonop sewe medaljes verower het gedurende die tyd. Luan het op 1 en 2 Maart aan die SA swemkampioenskappe in Nuweland deelgeneem waar hy goue medaljes verower het in die 50m-vryslag en die o.11 wisselslag aflos. Hy het ook gedurende die byeenkoms silwer losgeswem in die 100m-vryslag, en brons gekry in die 50m-vlinderslag en 100m vlinderslag. Tydens die SA-Tweekamp kampioenskappe wat op 22 Maart in Pretoria gehou is, het Luan die Suid-Afrikaanse Kampioen geword deur goud te verower. Hy het die 800m in 2:23,93 afgelê en die 50m swem in 30:49. Tydens die kampioenskap het hy ’n totaal van 2 276 punte behaal wat ’n nuwe Suid-Afri- kaanse rekord is - die rekord het sedert 1992 gestaan. Boland het ook die trofee ontvang vir die hoogste punte behaal in die junior-afde- ling. Dit sluit die seuns en dogters o.11 tot o.19 in. Slegs ses dae daarna het Luan aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Bellville by die Velodrome deelgeneem waartydens hy eers die 1 200m uitdunne gehardloop het. Die finaal was teen ’n baie vinnige pas beslis met Luan wat uiteindelik ’n bronsmedalje ver- ower het. Luan het reeds herstel van ’n baie bedrywige Maartmaand en verlede week met rugby-, tennis- en hokkie-oefeninge by die skool begin.
More
News
|