Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kinders leer nee sê

Kinders leer nee sê
 
2008-04-24

Melané Bosman

WIE ken name van dwelmsmokkelaars? En ’n see stemmetjies op die laerskool-sportveld, skree entoesiasties ’n rits name wat welbekend is aan die Wellingtonse polisie.

Die blinkoog jongspan van St Albans Primêr is Maandag besoek deur lede van die polisie, die brandweer en die SA Nasionale Raad teen Afhanklikheid van dwelmmiddels en alkohol (Sanra).

“Dwelmhandelaars teiken die jeug, en ons wil sorg dat hulle weet wanneer om nee te sê,” het die organiseerder van die projek, konstabel Audrey Wentzel, gesê.

“So vinnig soos ons ’n dwelmhuis slaan, so vinnig steek nuwes kop uit,” beaam ’n kollega.

“Die jeug is die mark, en wanneer kinders kan nee sê, is daar nie ’n mark nie.”

Konstabel Wentzel en haar span polisielede, brandweerbeamptes en werkers van Sanra besoek binne ses dae 12 laerskole op Wellington.

Daar is ’n “ouma”, kompleet met krullers in die hare, wat die “kleinkinders” oor die gevare van rook, drink en dwelms waarsku.

’n Brandweervrou gee veiligheidswenke oor die voorkoming van brande, asook hoe om te oorleef tydens ’n brand.

Bly so laag moontlik onder die rook. Die kinders het met groot oorgawe haar woorde herhaal: “Stop, drop and roll.”

Die oortjies het egter getuit met die inligting oor hoe dit in die polisieselle is, koud, met ’n harde kombers en net tronkkos.

Toe ’n “handsakdief” kort daarna binne sekondes deur ’n polisieman met ’n lang geweer ingehardloop word, en sy fris kollega die verdagte vasvat en boei, het die kinders geweet: “Los ander mense se goed. Vanaand lê daai man koud.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za