Albions lig hul koppe
2008-04-24
ALBIONS het Vrydagaand ware karakter getoon deur na twee nederlae op te staan en die span van Van der Stel met 17-13 op Faurestraat-stadion te troef. Albions het van die afskop af druk op die besoekers toegepas, met die nuweling-stut, Sandile Sijati, wat uitgeblink het onder die voorspelers in die vastelos. Hy is goed ondersteun deur sy kaptein en mede- stut, Edgar Arendse, en die haker, Clinton Simons. In die eerste helfte het Albions met goeie balhantering die senter, Christopher Kainda, oor die doellyn gestuur vir ’n drie in die hoekie. Later het die flank, Jenovan Cornelissen, ’n drie gaan druk om die halftydtelling 10-3 te maak. Van der Stel het egter nie gaan lê nie en het vroeg in die tweede helfte geslaag met nog ’n strafdoel. Albions het egter teruggeveg met ’n agterlynbeweging wat die veteraan-heelag- ter, Ashley Manuel, weggestuur vir ’n drie. Met Curtley Davids se doelskop wat suksesvol was, het Albions daarin geslaag om die wedstryd met 17-13 te beklink. Albions II en III het vasgeval met 10-20 en 3-15. Albions speel Vrydagaand op Daljosafat teen Belhar. Wedstryde begin om 18:30.
More
News
|