Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroeggebore baba sterf skielik

Vroeggebore baba sterf skielik
 
2005-06-30


ONDERSOEK word ingestel nadat ’n vroeggebore baba in Worcester uit die hospitaal ontslaan is, en dieselfde dag in die Paarl gesterf het.

Dorothy Arendse (25) van Kiewietstraat, Paarl-Oos, het by Worcester gekuier toe sy voor haar tyd moes kraam.

Die vroeggebore baba was vier dae lank in ’n broeikas in die Worcester Hospitaal toe hy in ’n kombers toegedraai en aan die moeder gegee is.

Arendse het met hospitaalvervoer na die Paarl gekom, en het by die TC Newman Hospitaal in Paarl-Oos afgeklim, pleks van by Paarl Hospitaal.

Volgens die ondersoek is die kind geweeg en die moeder met die 2,4kg baba huis toe gestuur. Arendse het later aan die polisie vertel dat sy met die kind teen haar bors huis toe gestap het.

Daar aangekom, het sy opgemerk dat die kind leweloos lê, met bloed wat by sy mond en neus uitgekom het. Noodredders is ingeroep, maar die baba was reeds dood. ’n Na-doodse ondersoek is uitgevoer en weefselmonsters vir ontleding na die polisie se forensiese laboratorium in Kaapstad gestuur om die oorsaak van dood te bepaal.

* A premature baby died shortly after being released from hospital.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za