Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motordiewe aktief

Motordiewe aktief
 
2005-06-30


MOTORDIEWE bly aktief in die Paarl, met drie voertuie wat die naweek gesteel is.

’n Pendelaar wat Vrydag sy Mazda 626 by die Hugenote spoorwegstasie geparkeer en die trein gehaal het werk toe, is sy motor kwyt.

Met sy terugkeer die middag om 17:30 was die plek waar hy sy motor geparkeer het, leeg.

Sondagaand is ’n Toyota Conquest gesteel terwyl die eienaar minder as ’n uur lank in Peter’s Cellars in Lady Greystraat gekuier het.

Ook daardie nag is ’n Toyota Stallion tussen 01:00 en 06:30 uit Ottowastraat, Paarl, gesteel.

Dié drie voertuie is almal steeds soek.

’n Toyota wat Woensdag verlede week om 11:30 gesteel is op Van der Lingenplein, is die volgende dag verlate gevind in Grassy Park.

Die motor, eiendom van ’n vrou wat by die gimnasium in Nuwestraat werk, is sonder wiele en radio teruggevind.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za