Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonners snel op water

Wellingtonners snel op water
 
2008-04-24


IN wisselende weersomstandighede het die vierde streeksbyeenkoms die afgelope naweek op Kwaggaskloof afgespeel.

Die byeenkoms het die meeste inskrywings tot dusver in ’n streekswedren opgelewer. Sestien bote het vir die Standaard-klas ingeskryf, vyftien vir die Blueprint-klas en agt in die Modifieds klas.

Saterdag se ronderesies is bemoeilik deur sterk winde en sommer uit die staanspoor het bote omgeval. In die Blueprintklas het ’n klomp manne van Wellington deelgeneem en die kompetisie was taai.

Theo Rischbieter van Wellington is kopman vir Hermann van Geems in die Ultra Chem boot. André le Roux en Hennie Bosman van Wellington Fruit Processors, en Steyn Basson en Jan Kriel van Agriwire, het sommer uit die staanspoor mekaar die stryd aangesę en met van die top spanne in die land was die skrif teen die muur.

Na die eerste twee rondes was Agriwire beide kere eerste, Ultra Chem tweede en Wellington Fruit Processors derde.

In die finaal het die top 12 bote teen mekaar kompeteer vir die algehele wenner van die dag. In ’n strategies uitstekende en baie opwindende resies het die span van Agriwire vir die derde keer die eerste plek ingepalm, met Ultra Chem in die tweede plek en die span van Kanu derde.

Die span van Agriwire het op die tweede dag uit die staanspoor voorgeloop en nie vir een oomblik teruggekyk nie. Ultra Chem het hulle gevolg met Kanu in die derde plek. Agriwire het ook die Ceasar wisseltrofee gewen in die Blueprint-klas vir die meeste punte in die resies.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za