Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses wen titaniese kragmeting

Roses wen titaniese kragmeting
 
2008-04-24


TYDENS Saterdag se kragmeting op Pelikaanpark tussen Roses United en Ceres, het die span van Wellington daarin geslaag om die sterk besoekers met 25-22 te verslaan.

Ceres het in die eerste helfte hul kanse goed benut. Hul voor- en agterspelers het goed gekombineer en Roses moes verwoed verdedig.

Roses het self ook baie balbesit gehad, maar verkeerde opsies het verhoed dat hulle drieë kon druk in die eerste helfte. Die rustydtelling was 15-3 in die guns van Ceres.

Ná rustyd het die Rose verwoed aangeval en hul eerste drie is gedruk deur Brendan April. Die drie is gedruk na puik samespel deur die spelers en toeskouers sal dit nog lank onthou.

Denver “Lange” Fortuin en Cornel Hendricks het kort hierna gaan druk om die Rose die eerste keer in die wedstryd voor te laat loop met 18-15.

Met net tien minute se speeltyd oor het Ivan Mphe vir die besoekers gaan druk. Die doelskop was oor en dit het gelyk asof Ceres die knoop sou deurhak. Roses het egter karakter getoon en met baie veggees hard gepoog om die wedstryd in hulle guns te beklink.

Hierdie poging was nie verniet nie en Cornel Hendricks het in die doodsnikke oorgeduik om die Rose met 25- 22 te laat wen. Vir Roses het die stut Johan Visser uitgeblink.

In ander wedstryde het Roses se tweedes met 15-0 gewen, terwyl Roses III met 12-20 verloor het.

Die Rose pak eerskomende naweek vir Black Leaves op Pelikaanpark.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za