Fietsry-vuurwerke
2008-04-24
DIE WP Fietsry Padkampioenskappe het onlangs by Paardeberg plaasgevind en is gekenmerk deur uitstekende fietsry met elke kategorie wat vir vuurwerke gesorg het. Die roete was baie uitdagend, wat die fietsryers se taak nie baie maklik gemaak het nie. Met die oog op die Suid-Afrikaanse Pad- Kampioenskappe wat van 8 tot 9 Mei in Oos- Londen plaasvind, is daar heelwat ryers wat by die kampioenskappe indruk gemaak het. Plaaslike jaers wat goeie vertonings gelewer het, was Graeme Ockhuis (2de in o.12, Yorkshire), JC Jantjies (3de in o.12, Yorkshire), Bradwin Daniels (1ste in o.14, Peco fietsryklub), Emile Jacobs (3de in o.16, Aces fietsryklub) en Avory Arendse (1ste in Juniors, Yorkshire). Daniels en Arendse het hul afdelings oorheers met kragvertonings. Saterdag het die laaste Somerliga wedren in Langebaan plaasgevind. Daniels is aangewys as die Somerliga wenner, met Arendse wat tweede gekom het in die junior-afdeling. Die SA baanfietsry-Kampioenskappe begin vandag in Port Elizabeth.
More
News
|