Sanger groet met musiek
2008-04-24
DIE Paarlse sanger Byron ‘D tree vanaand op tydens ’n “variety show” saam met ander kunstenaars in Charlie’s nagklub in Borssenbergstraat, Daljosafat. Dis ook sy afskeidspartytjie, voordat hy Spanje toe vertrek waar hy met verskillende kunstenaars in hotelle en klubs sal optree. Die gaskunstenaars wat saam met hom optree, is Maryke Buffel, Curt Beukes, NuMethod en vele meer wat u sal vermaak met hul pragtige stemme tydens die revue “Van toeka tot nou”. Kaartjies is R10 en die deure open om 20:00.
More
News
|