Skryfskool vir digters
2008-04-24
PLAASLIKE digters het tot 5 Mei tyd om in te skryf vir die LitNet/Sanlam SkryfNet-poësieskryfskool op Wellington. Die skryfskool word deur die Breytenbach-sentrum aangebied op Vrydag 23 Mei en Saterdag 24 Mei. Inskrywings moet drie oorspronklike gedigte insluit. Die digters Charl-Pierre Naudé en Danie Marais, en die letterkundige Ampie Coetzee, sal tydens die skryfskool kommentaar en aanbevelings maak oor die tekste. Deelnemers sal tydens die skryfskool aan hulle gedigte skaaf om voor te lê aan LitNet se PoësieNet. Riana Barnard, ’n uitgewer by Tafelberg, sal ’n sessie aanbied oor hoe die uitgewersbedryf werk en geleenthede vir publikasie. Die akteur Paul Eilers gaan ook op 23 Mei ’n woordkunsproduksie, Doodkry is min, aanbied. Die slypskool kos R500 en sluit verblyf en etes in. Deelnemers aan die LitNet|/Sanlam-aanlynskryfskool sal slegs R300 betaal. Vir verdere inligting en besprekings, skakel die Breytenbach-sentrum by 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|