Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geniet olywe by fees

Geniet olywe by fees
 
2008-04-24


VERLUSTIG jou in egte Swartlandse gasvryheid, verruklike kos en musiek tydens die jaarlikse Riebeekvallei Olyffees op Saterdag 3 Mei en Sondag 4 Mei.

Allesverloren Landgoed bied hul jaarlikse Opera-aand op Saterdag 3 Mei met die klanke van die parmantige, vroulike sanggroep, Da Capo Quartet, en ’n genotvolle driegang Mediterreense ete.

Hierdie hoogsbegaafde viertal – Hanlee Louw, Pauline du Plessis, Elizabeth Frandsen en Rika Vermeulen – sal gaste vermaak met hul besonderse repertoire wat wissel van Opera tot musiek uit Broadway musiekblyspele en goeie ou jazz van vroeër jare. Die aand begin om 18:00 en kos R150 per persoon.

Sondag 4 Mei kan ’n heerlike ontspanne driegang-middagete, belaai met tradisionele lekkertes, geniet word met instrumentale musiek wat sorg vir ’n luilekker atmosfeer. Die middagete begin om 12:00 en kos R125 per persoon (R65 per persoon vir kinders jonger as twaalf).

Deurentyd oor die naweek kan smullekker brood- en kaasborde met tuisgemaakte lekkernye soos kouevleise, kase, konfyt, slaaie, patees en olyfbroodrolletjies geniet word asook musiekvermaak.

Bespreking noodsaaklik by Anchen by Allesverloren by 022-461-2320 gedurende kantoorure.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za