Man hang aan tou
2005-06-30
DIE liggaam van ’n man wat sedert Donderdag uit sy woning by Mbekweni vermis is, is Sondag met ’n tou om die nek in die kleedkamer van die Weltvrede sportterrein op Wellington ontdek.
Die man, ’n werknemer van ’n Wellingtonse vervoermaatskappy, sou Vrydag by ’n tugverhoor verskyn nadat voertuie beskadig is.
Die Zoeloeman, in sy vroeë dertigs, kan nie geïdentifiseer word totdat sy familie in Vryheid, Natal, van sy dood in kennis gestel is nie. Speur-Insp Nico de Villiers (073-1141) ondersoek.
More
News
|