Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Studentekoor op wynplaas

Studentekoor op wynplaas
 
2008-04-24


DIE Canticum Novum Stellenbosch Studentekerkkoor, in samewerking met Universiteit van Stellenbosch Simfonieorkes, gaan ’n uitvoering gee op die Nelson’s Creek Wynlandgoed net buite Wellington op 11 Mei.

Dit dien gedeeltelik as fondsinsameling vir Jamestown Sounds wat aan minderbevoorregte kinders in Jamestown, Stellenbosch, die geleentheid bied om musiekinstrumente te leer bespeel en daardeur hul horisonne te verbreed.

Verder sal die konsert ook dien as gedeeltelike fondsinsameling vir Canticum Novum se beoogde toer na die Praag Internasionale Koorkompetisie en Fees in 2009.

Tafels word vir R2500 per tafel van tien persone verkoop.

’n Deftige vingerete en van Nelson’s Creek se wyne sal vooraf bedien word, waarna die uitvoering deur Canticum Novum en USSO sal volg.

Enkelkaartjies is ook beskikbaar teen R180 per persoon en sal slegs wyn insluit.

Die aand belowe om een van smaakvolle onthaal en klassieke musiek, uitgevoer deur van die land se mees talentvolle individue, te wees en bied ’n geleentheid wat moeilik sal wees om te vergeet.

Skakel Anli le Roux by 082­780-0333 vir besprekings.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za