Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington rugby weer op koers

Wellington rugby weer op koers
 
2008-04-24


DIE eerste rugbyspan van Wellington het Saterdag almal verras deur die verdedigende kampioen van die Bolandse Premierliga, Rawsonville, behoorlik af te stof met 53-3.

Rawsonville het eerste punte aangeteken met hul losskakel, Louis Peens, wat ’n strafdoel behaal het. Dit was die besoekers se enigste punte van die wedstryd.

’n Kenmerk van die wedstryd was die rotsvaste verdediging van die tuisspan en die slim spel van die skakelpaar, Marnus Hugo en Nicus Bergh.

Teen rustyd het Wellington reeds met 24-3 voorgeloop nadat Hugo en die flank, Junior Bester, gaan druk het.

Bergh het beide drieë verdoel en ook met ’n strafskop geslaag.

Na rustyd het die damwal gebars en ’n verdere 6 drieë is gedruk deur David Peutner (senter), Pieter Kraynauw (haker), Junior Bester (flank), Bergh en Hugo (2 drieë).

Hugo se twee drieë in die tweede helfte het dus aan hom ’n driekuns aan drieë besorg.

Bergh het daarin geslaag om drie van die drieë te verdoel.

Bester en die senter, Johan “Hentas” Kotze, verdien lof vir hul skitterspel.

In ander wedstryde het Wellington se tweede span met 10-elk gelykop gespeel terwyl Wellington se derde span met 27-22 gewen het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za