Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grapjasse

Grapjasse
 
2008-04-24


DIE Afrikaanse komediereeks Net Virrie Grap wat onlangs op KykNET begin het, word in die Paarl en omgewing opgeneem op Sondag 11 Mei.

Volgens die vervaardiger, Blacky Swart, is daar in elke dorp en streek in die land mense wat bekend is vir grappe en storie vertel of dit nou in die jag, visvang, landbou, mynbou of enige ander snaakse of interessante storie is.

“Ons wil hierdie humor vir almal wys en die persone gaan afneem daar waar hulle vandaan kom en sodoende ook vir almal wys watter pragtige land ons het,” sę Swart.

Die mede-vervaardiger en aanbieder van die reeks is die alombekende vermaaklikheidskunstenaar Thys Streicher alias die Bosveldklong.

Hy sę dat hulle nou alreeds die eerste reeks van 13 episodes opgeneem het en die stories raak net al hoe beter.

Thys sę, “Ek verlaat die vervelige televisiestudio’s van Johannesburg om die regte grapjasse en storievertellers te gaan soek.

“Met my kitaar oor my skouer tesame met my maat, Winston Jacobs reis ons van die OosRand tot die Boland en kom besoek jou in jou dorp, by jou woonplek of werkplek of daar waar ek jou langs die pad kry.

“Die stories en musiek in elke program word lewendig, spontaan en akoesties afgeneem. Om die waarheid te sę, alles gebeur normaal en spontaan en word eenvoudig en sonder vooraf reëlings afgeneem.”

Lesers wat snaakse mense ken of van weet, kan info@netvirriegrap.co.za kontak.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za