Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong skilder stal sy kuns uit

Jong skilder stal sy kuns uit
 
2008-04-24


OPKOMENDE, jong kunstenaar, Wildrian Martin (18) van Amstelhof, Paarl-Oos, stal tans sy werk uit by die Breytenbach-sentrum op Wellington.

Hy werk in helder primêre kleure en beeld die mense uit wat hy elke dag om hom sien.

As kind het hy op ’n plaas grootgeword en die herinneringe van mense wat op landerye en in wingerde werk, word uitgebeeld in sy skilderye.

Hy het tot onlangs sy werk uit die hand aan die publiek verkoop.

Martin werk bedags en dit het vir hom moeilik geword om daagliks sy skilderye te verkoop.

Dit was blote toeval dat die Breytenbach-sentrum hom genader het en aangebied het om sy werk uit te stal.

“Dit was ’n goeie besluit,” vertel Martin, omdat hy toe binne die eerste twee weke drie skilderye verkoop het.

Wanneer hy die dag iets verkoop, het hy weer geld om verf te koop om verder te skilder.

“Dit voel baie goed as iemand my werk kom koop, maar partykeer is dit ook moeilik om totsiens te sê vir die skilderye,” sê hy.

Hy sê dat plaaslike kunstenaars soos Kerwin Cupido hom ondersteun.

“Ek het baie geleer by Kerwin en gaan maak altyd daar ’n draai en dan wys hy vir my hoe om te skilder.

“Hy sê as ek elke dag oefen, sal ek verbaas wees oor hoe gou ek gaan ontwikkel. En dit is waar. Ek voel dat my werk baie oor die afgelope paar maande verbeter het.

“Dit is seker nie die maklikste pad wat ek vir myself gekies het nie, maar skilder is my lewe. Die lekkerste van alles is dat skilder pret is. Daar is niks anders wat ek graag meer met my lewe wil doen nie.”

Hy het twee jaar gelede besluit om ’n loopbaan te maak uit die skilderkuns, maar teken al van kleintyd.

Tog het hy geen formele opleiding in teken- of skilderkuns nie, en het op 13 die skool verlaat om na die jonger kinders om te sien terwyl sy ma werk.

“Dit is my droom dat ek eendag vir haar ’n beter lewe kan gee. Sy is ál een wat hard werk vir ons kinders.

My ma is baie ondersteunend en gee nie om dat ek skilder nie.

“Maar partykeer raak sy vies vir my as ek in die slaapkamer werk en dan per ongeluk verf op die beddegoed laat kom,” erken hy.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za