Broer sterf in stryery
2005-06-30
’n ARGUMENT tussen twee broers van Paarl-Oos Saterdag het geëindig met een van die mans dood aan ’n meswond in die hart.
Donovan Hartnick (23) en sy ouer broer Godfrey van Magnoliastraat 108, het in hul kombuis gestry oor koffie toe Donovan doodgesteek is. Godfrey is in hegtenis geneem.
* Inligting oor ’n tref-en-trap ongeluk op die Bo-Dalpad naby Groenheuwel op 28 Mei kan insp Barry Noble (807-4000) help met die ondersoek. Steve Jaftha (37) is deur ’n minibus getref.
More
News
|