Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Op die spoor van roem

Op die spoor van roem
 
2008-04-24

Jaco van Wyk

PAARL ATLETIEKKLUB se huidige sportman van die jaar, Henrico Rooi, het onlangs ’n persoonlike mylpaal behaal toe hy sy 100ste medalje ingepalm het.

Dit is beslis meer as ’n handjievol medaljes en dien as ’n weerspieëling van die oorvloed talent waaroor die 19-jarige atleet beskik.

Die jong Paarliet, wat op skool was by New Orleans Sekondêr, het reeds so baie in atletiek en padwedlope vermag, maar tog voel hy daar is nog baie wat hy kan bereik

“Op dié stadium is my mikpunt om die Boland halfmarathon-kampioen te word,” sê verlede jaar se Boland Liga- kampioen.

Henrico, wat verlede jaar die eerste Bolander was wat oor die wenstreep getrap het tydens die SA 10km-kampioenskap- pe, was alreeds die SA spele- kampioen, die Boland junior 3000m-kampioen (vanaf 2002 tot 2007), Die Boland landloop- kampioen (senior en junior), die voormalige Wes-Kaap-kampioen en die Boland padwedloop liga- wenner.

Hierby was Henrico ook al die houer van die SA Spele-re- kord en die Boland 5000m en 3000m hindernis-rekord.

Die lys gaan egter aan en as hy sy sin gaan kry, gaan hy nog diep spore in SA landloop trap.

“My langtermyn doelwitte is om die Two Oceans Halfmarathon te wen, om eendag die SA Marathon-kampioen te word, en om die volgende Olimpiese span te haal,” sê die atleet.

“Op die oomblik beoog ek egter om vanjaar se Boland Halfmarathon-kampioen te word.”

Wen is in Henrico se bloed en sy talent is alreeds op ’n jong ouderdom, toe hy 10 was, ontdek.

“Toe ek nog op laerskool was, by William Lloyd Primêr, het my onderwyser, Willem Jansen, my talent raakgesien en my gehelp om dit te ontwikkel. Vandag is mnr Jansen ’n wêreldbaanskeidsregter en ek beskou hom beslis as een van my rolmodelle.”

Sy afrigter is tans Bafil Jantjies, en vir hom beskou Henrico ook as ’n belangrike figuur in sy lewe.

“Hy is verantwoordelik vir die meeste van my sukses aangesien ons al sowat sewe jaar saam oefen. Hy help my ongelooflik baie.”

Die smaak van sukses ken Henrico egter al te goed, want op hoërskool is hy nie ’n enkele jaar onttroon as die Boland- kampioen nie.

So hoe bly hy gefokus net voor ’n kompetisie?

“Voor ’n kompetisie sit ek net stil en dink aan die wedren. Ek dink aan hoe hard ek geoefen het. Ek glo in my vermoëns en ek weet dat hoe hard ek oefen, is hoe hard ek wil kompeteer.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za