Stalletjies
2008-04-24
MENSE wat belang stel om stalletjies te hê by die Cultivaria- kunsfees in die Paarl, kan nou aansoek doen. Die fees vind vanjaar plaas vanaf 26 tot 28 September en die Emporium te Faurestraatstadion sal ’n nuwe kosteater huisves. Bespreek stalletjies by die feeskantoor by 021-872-9754 of www.cultivaria.com. Cultivaria sal ook ’n aantal gesubsidieerde stalletjies beskikbaar stel as deel van hul gemeenskapsontwikkelingprogram.
More
News
|