Vroue verryk
2008-04-24
DIE Just Grace spirituele dansgroep bied ’n Vrouekamp aan vanaf 2 tot 4 Mei by La Bri Holiday and Olive Farm in Franschhoek. Die tema vir die kamp is “We can make a Difference!”. Hulle span saam met Dorkas Vroueklub. Past Denise Francis sal die Woord verkondig en sessies sal aangebied word wat die tema van die Vrouekamp sal uitbeeld. Volop geskenkbewyse van plaaslike borge kan gewen word en dames sal verfris en verryk daarvandaan weggaan. Hulle nooi vroue om te kom ontdek hoe hulle ’n positiewe verskil in andere se lewens kan maak. Kostes is R250 per persoon en sluit verblyf (vervoer) en etes vir die naweek in. Kontak Jacomina Alkaster by 082-992 -3093 of Menisha Adams by 082-771 -5489.
More
News
|