Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mooigoed onder eike

Mooigoed onder eike
 
2008-04-24


DIE ACVV Rusoord tehuis vir bejaardes in die Paarl is op 7 Mei ’n halfeeu oud.

Suzette Plekker, Doreen Fleming en vriende van Rusoord nooi almal uit om hierdie heuglike dag te herdenk met ’n fynproewers keur van mooigoed.

Die viering, `n Huis vol harte en rose, word gehou op Vrydag 16 Mei vanaf 10:00 tot 18:00 en Saterdag 17 Mei vanaf 09:00 tot 17:00 te Bosmanstraat 14, Paarl.

Toegang is gratis.

Onder die eikebome kan u skoene uitskop en kuier met ’n keurige koppie tee, terwyl u die mooigoed bekyk en u beursie se inhoud balanseer.

Die opbrengs van die mooigoed en tee gaan aan Rusoord. Slegs kontant/kontanttjeks word aanvaar (geen kredietkaarte nie).

Vir navrae, skakel Lydia Corbett by 021-870-3304.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za