Motorhawe in Suider-Paarl beroof
2008-04-24
’n MOTORHAWE is van ongeveer R8000 beroof tydens ’n gewapende roof. Werknemers van Courtrai Motors in Suider-Paarl, is Donderdagaand oorweldig deur drie gewapende mans. Die rowers het op die sleutels van die kluis aangedring, maar toe hulle besef dat die sleutels nie op die perseel aangehou word nie, het hulle die geld uit die kasregister geneem en te voet gevlug. Enigiemand met inligting oor die roof kan vir insp Liezel Burden skakel by 021- 807-4000. * A garage in Paarl South has been robbed at gunpoint of R8000.
More
News
|