Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor beursfonds

Vrae oor beursfonds
 
2005-06-30


DIE beursfonds van die Drakenstein Munisipaliteit is in omstredenheid gehul, nadat in ’n poniekoerant berig is dat ’n amptenaar se kind so ’n beurs ontvang het.

Die beursfonds het ten doel om verdienstelike, plaaslike studente by te staan wat in studierigtings studeer wat verband hou met plaaslike regering.

Die rigtings wat tans ondersteuning geniet, sluit in siviele ingenieurswese, munisipale finansies, openbare gesondheid, stads- en streeksbeplanning, toerisme en elektriese ingenieurswese.

Burgemeester Herman Bailey het gereageer op ’n berig wat verlede week in ’n Kaapse poniekoerant verskyn het oor die toekenning van dié beurse.

Hierin word beweer dat beurse onder meer aan die dogter van ’n senior amptenaar, die waarnemende hoof van finansiële dienste, asook ’n afhanklike van een van die raadslede gegee is.

Die amptenaar woon in Kuilsrivier.

Die koerant haal ’n inwoner aan wat sê “daar is honderde behoeftige kinders in Drakenstein wat aansoek gedoen het, maar wat nie beurse gekry het nie”.

Die burgemeester het ontken dat daar enige onreëlmatighede was met die toekenning.

Bailey het aan die Paarl Post gesê daar word met die toekenning van die beurse gepoog om die bevolkingsamestelling te weerspieël.

“Voorts word ook toegesien dat daar ’n goeie balans tussen mans- en vrouestudente is, asook ’n verspreiding tussen eerstejaar-, tweedejaar- en derdejaar-studente.”

Bailey het gesê dat daar nêrens in die reëls enige voorskrif is dat kinders van amptenare nie mag aansoek doen vir beurse nie.

Die keuring word deur die menslike hulpbronafdeling gedoen aan die hand van neergelegde kriteria, waarna die lys aan Bailey voorgelê word vir sy insae en goedkeuring.

Drakenstein se beursfonds staan op R180 000 en ’n beurs beloop sowat R12 000. Verlede jaar is twaalf beurse toegeken en vanjaar veertien.

* Eyebrows have been raised after the Mayor gave bursaries to children of an official and a councillor.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za