Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skrootdiewe loop hul vas

Skrootdiewe loop hul vas
 
2008-04-24

Lise Beyers

SKROOTDIEWE is onlangs op heterdaad betrap toe hulle waardevolle, soliede geelkoperblokke aan ’n skroothandelaar probeer verkoop het.

Hierdie diewe het onlangs toegang verkry tot ’n drukkery in die Paarl en ontsnap met meer as een-en-’n-half ton se geelkopersilinders ter waarde van ongeveer R500 000. Elke silinder, wat in die drukproses gebruik word, weeg 10 kg. Kragonderbrekings het die alarmstelsel foutief gelaat en het toegang tot die perseel vergemaklik.

“Dit was ’n goed voorafbeplande diefstal, want hulle het presies geweet waar die sekuriteitskameras geleë is en waar die goedere gestoor word,” het ’n woordvoerder van die drukkery gesê.

Die diefstal is eers die volgende oggend ontdek en die polisie is dadelik hiervan in kennis gestel.

’n Bestuurder van die maatskappy het dadelik aan die werk gespring en alle skroothandelaars vanaf Malmesbury tot in Kaapstad geskakel en gevra om op die uitkyk te wees vir die blokke.

Die volgende dag is die eerste oproep vanuit Stikland ontvang. Die skroothandelaar het vir hom die registrasienommer van die voertuig gegee, en die polisie is dadelik na die toneel ontbied.

Maar weens die handelaar se versuim om dadelik die goedere aan te koop, het die skelms vermoedelik snuf in die neus gekry en die pad gevat, voordat die polisie op die toneel gearriveer het Later die oggend is nog ’n oproep ontvang van ’n handelaar in Elsiesrivier.

Dié keer was die polisie vinnig op die toneel, maar die vermeende diewe het te voet gevlug. Hul VW kombi met van die geelkopersilinidersis op die toneel agtergelaat. By nadere ondersoek is drie verdagtes later in hegtenis geneem vir die diefstal.

Sowat 30% van die metaalsiliniders is teruggevind, en die polisie is besig om leidrade op te volg wat hopelik vir hulle sal lei na die ander siliniders, asook nog medepligtiges in die misdaad.

Wilfred Hendriks, Dawood Samuel en Enrico Wildeck, almal van Paarl-Oos, is in hegtenis geneem. Hulle word moontlik verbind met soortgelyke diefstalle.

Enigiemand wat inligting beskik oor die misdaad kan vir insp Hildegard Mackier skakel by 082-850-9614.

* Die Paarl-Oos polisie waarsku dat elektriese pale in die Fairyland en Groenheuwel omgewing afgesaag word, waarna skrootdiewe dan die koperkabels steel.

Enigiemand wat onraad vermoed, kan vir insp Diana Fransman skakel by 021-877-5240.

* Copper thieves have been caught red-handed after stealing half a million rands worth of solid brass foil blocks which are used in the printing industry.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za