Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man sterf

Jong man sterf
 
2008-04-24

Lise Beyers

NOG ’n plaaslike gesin is die afgelope naweek in rou gedompel, toe ’n jong man in ’n gru-ongeluk gesterf het.

Die tragedie het in die vroeë oggendure Saterdag plaasgevind, toe Wikus Trotsky en Ryno Leo vanaf Wellington na die Paarl onderweg was.

Op die R45 naby die T-aansluiting met die Paarlse Hoofstraat, het Trotsky vermoedelik op ’n draai beheer verloor oor die voertuig. Die splinternuwe Toyota bakkie het gerol en in ’n sloot beland.

Alhoewel die lugsakke ontplooi het, is beide Trotsky en Leo uit die voertuig geslinger toe die voorruit uitgeskiet het.

Leo is lig beseer, maar Trotsky het ernstige kopbeserings opgedoen. Hy is na Paarl MediClinic geneem, maar het vroeg Sondagoggend aan sy beserings beswyk.

Trotsky was ’n oud- leerder aan Hoërskool Labori en is na skool as passer opgelei deur Nampak. Hier het hy ’n belowende loopbaan voortgesit.

Sy bedroefde pa, Aubrey, het gesê dat sy seun en Leo oën- skynlik nie hul veiligheidsgordels aangehad nie.

“Anders sou Wi- kus waarskynlik weg- gestap het vanaf die ongeluk.”

Trotsky word oorleef deur sy pa, ma Leoni en twee broers Dewald (20) en Jaco (26).

Hy is gister vanuit die Protea Aanbiddingsenturm begra- we.

* Another Paarl family is in mourning after the death of a young man in a motor accident.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za