Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pretdag by skool

Pretdag by skool
 
2008-04-30


DIE Wellington Moslem Gemeenskap bied môre ’n familie pretdag by St Albans Primêre Skool se sportterrein aan.

Aktiwiteite skop om 09:00 af en daar sal genoeg vermaak vir beide oud en jonk wees.

’n Skaatsbaan, springkasteel en glybaan sal opgerig word, en daar sal talle speletjies wees soos tafeltennis, toutrek en domino's.

’n Potjiekoskompetisie word ook gehou vir diegene wat hul vernuf as kok op die proef wil stel.

Daar sal talle heerlike eetgoed soos kerrie en rootie wees om van te kies en te keur.

Vir middagete word ’n hoenderbraai voorberei, teen R35.

Toegang is gratis, maar ’n donasie sal waardeer word.

Vir meer inligting, kan Ibrahim Cassiem by 083-288-4793 geskakel word, of Moosa Douman by 083-992-3684.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za