Kringe in 地 Bos op die planke
2008-04-30
DALENE MATTHEE se bekroonde roman, Kringe in 地 Bos, word weer vanjaar by die Kunstekaap Teater aangebied van 6 tot 17 Mei. Kringe in 地 Bos is vanjaar se voorgeskrewe boek vir graad 12-leerders van Afrikaans. Die doel van die opvoering is om vir die leerders 地 beter insig te gee in dit wat hulle lees. Die akteurs in vanjaar se produksie is 地 mengsel van ervare en jong spelers. Die dramatiese hoofkarakter van Saul Barnard word deur Geon Nel vertolk. Vicky Davis vertolk die rol van die hoof-vrouekarakter, Kate MacDonald. Die bekende akteur en voormalige kykNET-aanbieder Francois Toerien beeld die karakters van Oom Andries Barnard, Josef Barnard, Crompton en MacDonald uit. Ivan Abrahams speel die houtkapper wat vir die Barnard-gesin werk, Deon Lotz speel die rol van Saul se pa, Joram Barnard en Nicole Holm is die verteller en vertolk ook die rolle van Caroline MacDonald en Mrs Stopforth. Kaartjies kos R35 per leerder en R60 vir die openbare opvoerings op 10 en 17 Mei. Kaartjies kan by Computicket bespreek word. Leerders wat vertonings bywoon, kan studiegidse teen die afslagprys van R100 (gewone prys R124) aanskaf. Leerders sal ook kan deelneem aan 地 kompetisie met opwindende pryse.
More
News
|