Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dorp in die knyp oor riool

Dorp in die knyp oor riool
 
2005-06-30


SOWAT 750 nuwe huise en woonstelle word op Wellington beplan, of is reeds in aanbou. Maar weens die swak toestand van die dorp se rioolwerke word gevrees dat bouwerk gestaak sal moet word.

Daarom is die Munisipaliteit nou verplig om die dorp se verouderde rioolwerke op te gradeer teen ’n koste van R30 miljoen, volgens burgemeester Herman Bailey.

Noodsaaklike instandhouding- en opgraderingswerk sal na verwagting teen September begin, nadat tenders aangevra is.

Die toestand van die rioolwerke het verlede jaar ter sprake gekom in ’n verslag aan die stadsraad oor die invloed van finansiële besnoeiings op dienste.

Drakenstein het vyf afvalwater-behandelingswerke met ’n geraamde vervangingswaarde van tussen R200 en R300 miljoen. Die uitvloei van hierdie werke moet volgens wet aan sekere minimumvereistes
voldoen. Die uitvloei van al hierdie werke loop in die Bergrivier.

In die geval van Wellington het ongekende groei in onlangse jare veroorsaak dat die werke op absolute maksimum-kapasiteit bedryf word ten opsigte van vloei en lading.

As gevolg van die verbintenis om finale, behandelde uitvloeiwater te produseer wat aan sie vereiste standaarde voldoen, is daar geen spaarkapasiteit in die Wellington werke beskikbaar nie.

Die situasie vererger veral in die somer, met verhoogde invloei-afval van die vrugtenywerheid en groot kapitale uitbreidings is gevolglike hier nodig.

Die munisipale ingenieurs het verlede jaar aanbeveel dat alle behuisingsprojekte op die lange baan geskuif moet word totdat die agterstande aangespreek is.

Die stadsraad het in die 2005/6 begrotingsproses spesifieke fondse toegewys om die agterstande aan te spraak, waaronder sekere opgraderingswerk by Wellington rioolwerke.

Op die oomblik hanteer die aanleg sowat ses megaliter rioolwater per dag. Die organiese lading kan in die somermaande egter byna verdriedubbel, hoofsaaklik as gevolg van 'nat'-afval van die vrugte- en wynbedryf.

Dawid Malan, die ingenieur verantwoordelik vir rioolwerke, sê Wellington het die laaste paar jaar baie uitgebrei. Dit sluit uitbreidings by ‘nat’-tipe nywerhede in.

Saam hiermee, is die toerusting by die rioolplaas verouderd en moet heelwat daarvan vervang word.

In die verslag oor agterstande is gevra vir R100 miljoen oor drie jaar om Drakensteinse afvalwerke, watertoevoer en rioolnetwerke op standaard te bring. Die grootste gedeelte van die bedrag is vir die nuwe boekjaar goedgekeur.

Met die beplanning wat gedoen is, word twee tenders vir die rioolwerke op die oomblik geadverteer. Die totale bedrag ter sprake, is in die omgewing van R4,5 miljoen.

Die eerste tender is vir siviele ingenieurskonstruksie vir opgradering van die werke. Dit behels in die eerste plek gewapende betonstrukture, wat insluit ’n besinktenk, ’n verdeelkas, twee oorloopkaste vir bestaande slykdamme en ’n pompstasie. Verder sluit dit ook in die skoonmaak en herstel van bestaande strukture, wysigings aan een besinktenk, wysigings aan een slykverteerder en verbindingspype.

Die tweede tender is vir die ontwerp, verskaffing, aflewering, installering, toets en inbedryfstelling van meganiese toerusting.

Die werke benodig toerusting vir twee be- sinktenke, pompe, slykdigtheidsmeter vir beheer van oortollige geaktiveerde slykpompe, werwel- ontginners en elektriese installasie.

Die tenders sluit op Donderdag 7 Julie, maar net tenderaars wat die verpligte terreinbesoek op 22 Junie bygewoon het, kan deelneem.

Malan sê daar word reeds die laaste paar jare intensiewe herstelwerk en opgradering aan hierdie werke gedoen, wat onder meer werk aan die verteerder en die primêre besinktenk, asook chlorinering-stelsel insluit om die gehalte van die uitvloei na die Bergrivier op aanvaarbare gehalte te kry.

Al dié opgraderings en uitbreidings gaan net tydelike verligting vir Wellington bied en verdere gefaseerde opgraderings -opsies is reeds onder evaluering.

As deel van die oorhoofse beplanning en met in agneming van kapasiteite by die onderskeie afloopbehandelingswerke, word dit beoog om 'n pyplyn van Newton pompstasie na die Paarl afloopbehandelingswerke te lê.

Dit sal beteken dat 'n gedeelte van die Wellington riooluitvloei by die Paarl werke behandel sal word, waar daar nog spaar kapasiteit is.

Dit word geraam dat hierdie projek ongeveer R7 miljoen sal kos, waarvan R5 miljoen beskikbaar is in die 2005/6 begroting vir opgraderingswerke. Die pylyn-projek al dus oor twee boekjare strek.

Onder die nuwe projekte wat beplan word op Wellington is 192 eenhede in die beplande Bordeaux-ontwikkeling langs Piet Retiefstraat.

Dukes in Hoogenhoutstraat, ’n sekuriteitsontwikkeling van 55 huise, is uitverkoop.

’n Ontwikkeling op Diemersfontein sal bestaan uit 108 huise, terwyl Bainsvallei langs die Leeuwrivier 66 eenhede sal hê.

In Fonteinstraat word 75 woonstelle gebou, terwyl die 35 Riverside woonstelle in Oosstraat pas voltooi is. Nog woonstelle in
Addeystraat (38 eenhede) en Keeromstraat (22 eenhede) word ook beoog. Dan is daar nog die ou klavierfabriek in Bainstraat, waar 125 studentewoonstelle beplan word.

* The Municipality has decided to upgrade the neglected Wellington sewage works, to ensure that no moratorium need be declared on building projects in the booming town.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za