Gimmies vaar puik by SA’s
2008-04-30
ATLETE van Hoërskool Gimnasium het uitstekend gevaar in die onlangse SA Hoërskole Kampioenskappe wat op Rustenburg aangebied is. Altesaam 23 Gimmies is vir die byeenkoms gekies waarvan drie goue medaljes verwerf het. Albert Korff (seuns o.15 paalspring, 3,90m), Taahirah Kozain (dogters o.15 paalspring, 2,80m) en Daniël du Toit (seuns o.15 spiesgooi, 60,64m). Albert het ook die beste prestasie van die byeenkoms behaal met 1125 punte. Jani Smit (dogters o.15 paalspring, 2,80m) het ’n silwer medalje ingepalm terwyl Rushwal Samaai (seuns o.17 diskus, 14,64m) en Jaco Joubert (seuns o.19 spiesgooi, 59,40m) elk ’n brons medalje gewen het. Rushwal is ook opgeneem in die Suid- Afrikaanse o.17 span.
More
News
|