Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Telbord

Sport Telbord
 
2008-04-30


SWEM

Die 14-jarige Duanne Smit van HJS het op die onlangse nasionale vlakeen-liga in die Nuweland-swembad drie goue medaljes verwerf. Hy het sy eerste plekke behaal in die 50m-vryslag (29,76 sekondes), 50m-vlinder- slag (33,88 sekondes) en die 100m-vlinder- slag (1:16,30). Hy is lid van die Walmer-klub.

PAALSPRING

Twee atlete van Boland het uitstekend gevaar in die paalspring-item tydens die SA Jeug-kampioenskappe. Taahirah Kozain van Hoërskool Gimnasium is aangewys as die SA Jeugkampioen vir dames o.18 na sy 1ste gekom het met ’n sprong van 3 meter.

Jan Louis Nienaber van HJS het 3de gekom in die mans o.20 paalspring-item met ’n hoogte van 4,30m.

STOEI

Paarl Stoeiklub se lede het onlangs goed presteer by die WP Ope Stoeitoernooi in die Belhar Sportsentrum. Stephan Lombard (36-39kg) het goud verwerf in die Seuns o.9 kategorie en silwer in die Seuns Ope kategorie. Heinrich Nel (42-46 kg) het goud gewen in die Seuns o.10 kategorie, met Dirkie Joubert (33-36 kg) wat brons losgeslaan het in die Seuns o.10 kategorie. Jarrod van der Heever (33-36 kg) het silwer gewen in die Seuns o.11 kategorie en Jerome Adriaanse (46-50 kg) het brons verwerf in die Kadette kategorie.

ACTION NETBALL

This year Boland participated in the interprovincial Action Netball Tournament. Five of the ladies were selected for the South African and All Stars teams, namely Sunelle Barnard (SA u.21), Jana Nel (SA u.21), Iman van der Ross (All Stars u.19), Hèlene Steyn (All Stars u.19) and Alet Reyneke (All Stars u.18).

MUURBAL

Muurbalspelers van die Boland het die afgelope naweek aan die WP Ope deelgeneem.

Marius van Tonder (s.o.14, HJS) het eerste gekom, Nicole Hockey (d.o.14, HMS) het derde geëindig, Johan Swanepoel (s.o.19, HJS) het derde geëindig en Lizane Vlok (d.o.19, La Rochelle) het eerste gekom.

RUGBY

Albions het Vrydagaand vasgeval teen Belhar maar nogtans gesorg vir lekker hardloop rugby. Albions het met 18-29 vasgeval. Albions II het met 10-24 verloor, terwyl Albions se derde span met 5-10 verloor het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za