Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spruit word rivier van klagtes

Spruit word rivier van klagtes
 
2005-06-30

Malané Bosman

DIE Leeuwrivier by Wellington-Oos het oornag verander van ‘n spruit tot ‘n breë rivier, en dit nie net weens reënwater nie.

Inwoners van die gebied suid-oos van Berg-en-Dal kon hul oë nie glo toe daar onlangs ‘n reuse laaigraaf by Smithstraat ingedreun gekom en die rivierloop begin oopstoot het nie.

En toe kom die reën, met water wat deur die verskuiwings stroom en wat die rivierloop agter die perseel van die Voortrekkerkommando verander.

“Ons het‘n probleem opgelos met ‘n retensiedam,” het ontwikkelaar Henk Smith die grondverskuiwings verdedig.

Hy en kontrakteur Wayne Gibbons meen die vloedwaterblokkasie teen die brug oor Berg-en-Dalstraat en seisoenale oorstroming van aangrensende eiendom behoort nou iets van die verlede te wees.

Met die werkery daar het hy op ‘n geblokkeerde munisipale stormwaterpyp afgekom, wat hy skoongemaak het, sê Gibbons.

Volgens Smith en Gibbons is die spruit en stormwaterstelsel lank nie meer deur die munisipaliteit skoongemaak en onderhou nie, en het toegeslik.

“Ons het toestemming van die munisipaliteit gehad om die uitheemse bosse, bome en riete te verwyder op ons grond ,” het Smith gesê.

“Die kontrakteur het dit toe gedoen, en daarna besef die grond is ‘n pappery. Daarom het hy die rivier breër gestoot en toe afgewerk.”
Smith erken dat die verskuiwing van grond sonder toestemming aangepak is.

“Maar ons het geen onwettigheid gepleeg nie. Dit was reg gedoen, met ingenieurskundigheid. Ons het ook van die bosslapers ontslae geraak.

“Die kontrakteur het net ‘n bietjie vinnig gespring. Daar is nou ‘n omgewingskundige aangestel en ons sal aansoek doen vir die ontwikkeling.”

Volgens ontwikkelaars duur dit nou tot drie jaar vir toestemming van die plaaslike regering vir hersonering en ontwikkelingsregte.

Die perseel het tien jaar lank aan die Wellingtonse oud-burgemeester, prokureur Peter Ingwersen, en voormalige eienaar van Kontiki-restaurant, Chris Oosthuizen, behoort.

Volgens Ingwersen is elf hektaar in Maart vanjaar deur hul maatskappy, The Green Basket, aan die groep ontwikkelaars van Kaapstad (Tresso Trading) verkoop.

Smith, ‘n argitek, was betrokke by die oprigting van die Vineyard Sentrum in Suider-Paarl.

“Ons beplan ‘n stylvolle, prestige ontwikkeling, waar die dorp se ou karakter behoue bly, met baie publieke oop ruimtes,” het Smith gesê.

“Ons het daarvoor nog ‘n kanaal gegrawe. Dit sal met inheemse bome en grasse beplant word. Ons hoop om goedkeuring te kry.”

Hoëdigtheid ‘plot en plan’ huise asook woonstelle word op die deel langs die spruit beplan.

Indien fase twee en drie ontwikkel word, ook aan die soom van Berg-en-Dal, sal sowat 180 nuwe behuisingseenhede vir Wellingtonners beskikbaar wees.

“Dis dieselfde as wat in Bainskloof gebeur,” het inwoners van die omgewing gemor.

“Die bure is nie in kennis gestel nie. Toe ons sien, toe kom die stootskraper.

“Ons is nie teen ontwikkeling nie, maar die onbeheerste voortstu van ontwikkeling is onrusbarend.

“Hoe kan mense inspring en ploeg en dan eers wil aansoek doen vir ontwikkelingsregte? Dit moet mos andersom wees. As die planne afgekeur word, word ‘n rivier nie maklik gerehabiliteer nie,” het 'n Wellingtonner gesê.

Volgens Jimmy Knaggs van die Drakenstein Munisipaliteit ingenieursafdeling was daar “geen aansoek vir die werk aan die rivier” nie.

“Die ontwikkelaar sê hy het net die grond `skoongemaak’, maar dit is nie so nie. Die kontrakteur is gestop en die masjiene is weggevat.

“‘n Omgewingsraadgewer is nou aangestel en die rivier moet gerehabiliteer word. Eers wanneer alle munisipale vereistes nagekom is, sal ‘n aansoek vir ontwikkeling oorweeg word.”

Marlé Kunneke van die provinsiale Departement Waterwese en Omgewingsake het die terrein besoek nadat inwoners haar van die grondverskuiwing in kennis gestel het.

“Die Departement Waterwese is nou betrokke by die saak,” het Kunneke gesê.

“Wat hier gebeur, sal ons nie toelaat nie.”

* Another development in Wellington has been halted after it was embarked on without the necessary permission.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za