Inspirasie ná trauma
2008-04-30
’n VROU wat ná ’n baie traumatiese ondervinding met hoop en geloof die pad vorentoe aanpak, is deur die ACVV Noorder-Paarl genooi as spreker by hul byeenkoms Woensdag 7 Mei om 09:30 in die Toringkerksaal. Lede en belangstellendes word genooi na die geleentheid waar raadslid Clara Meyer sal praat onder die titel “Hoe staan ’n mens weer op?” Sy self moes weer opstaan ná die uitwissing van haar gesinslede in ’n skietinsident. Vir navrae, skakel Isobel Heunis by 021-872-3457.
More
News
|