Streekspan skop liga af
2008-04-30
DIE Paarl Rugby Streek speel môre hul eerste Streekligawedstryd teen die City and Suburban-streek op City Park. Die Streekliga-kompetisie is in twee afdelings opgedeel met spanne wat elk een keer teen spanne in die ander afdeling meeding. Die twee top-spanne in elke afdeling sal mekaar in ’n halfeindronde pak waarna die eindstryd op Nuweland aangebied gaan word. Na die eerste maand van ligaverpligtinge het die Streekspan sy spelers aangewys om die Paarl op senior en o.20 vlak te verteenwoordig. Groot verwagtinge word van die Paarl Streekspan gekoester aangesien die Paarl-streekkonsep reeds gevestig is en dit as model vir ander streke in die WPRFU voorgehou word. Kompetisie sal egter straf wees aangesien die Paarl-streek uit die agt deelnemende klubs gekies gaan word terwyl die ander streke gebruik gaan maak van spelers in die Premium liga en ander divisies in die WPRFU.
More
News
|